Kampioen Produsente Kelder  :  Montagu Wynkelder

Kampioen Privaat Kelder  :  De Krans Wynkelder

Kampioen Chenin Blanc  :  Montagu Wine & Spirits

Verskeie produsente uit die Klein Karoo het met die nuwe wyne van 2021 aan die Klein Karoo Streeksjongwynskou deelgeneem en die uitslae is op 17 Augustus tydens ‘n gesellige funksie op Montagu bekend gemaak.

Die Kampioen Privaatkelder is De Krans Wynkelder met die Reserwe Kampioenwyn (Kampioen Nie-Muskaat Versterk) asook die Reserwe Kampioen Sauvignon Blanc. Jakkalsvlei is die Reserwe Kampioen Privaatkelder met die Reserwe Droë Witwyn (‘n Roussanne) en die Reserwe Kampioen Chenin Blanc.

Die Kampioen Produsente Kelder is vir die negende agtereenvolgende jaar Montagu Wynkelder wat uitsonderlik gepresteer het met die Kampioenwyn (Kampioen Muskaat Versterkte Wyn), Kampioen Droë Rooiwyn (Kampioen Ruby Cabernet) en Reserwe Kampioen Ruby Cabernet, Reserwe Kampioen Droë Rooiwyn (Kampioen Shiraz) en Reserwe Kampioen Shiraz, Kampioen Pinotage, Kampioen en Reserwe Kampioen Merlot, Kampioen en Reserwe Kampioen Cabernet Sauvignon, Kampioen Natuurlik Soetwyn, Kampioen Droë Witwyn (Kampioen Sauvignon Blanc), Kampioen Colombar en Reserwe Kampioen Colombar asook die Kampioen en Reserwe Kampioen Chardonnay.

Die Reserwe Kampioen Produsente Kelder is Montagu Wine & Spirits met die Kampioen Chenin Blanc.

Calitzdorp Wynkelder het die Reserwe Kampioen Muskaat Versterkte Wyn opgelewer en Excelsior Winery die Reserwe Kampioen Nie-Muskaat Versterk.

Pin It on Pinterest

Share This